Algemeen
Daar is ʼn Speelgroep klas (3-4 jaar), Graad RR klasse (4-5 jaar) en Graad R klasse (5-6 jaar) wat funksioneer onder toesig van gekwalifiseerde onderwyseresse. Die Speelgroepklas het ʼn assistent wat die onderwyseres help.
Die Graad R klasse dien terselfdertyd as brugklasse vir Graad een. Al die klasse volg ʼn goedgekeurde dagprogram.
Vir u as ouer bly dit ʼn groot gerief om u skoolgaande kinders asook kleuterkinders op een perseel versorg te kan hê.
Deur aan u kleuter die geleentheid te gee om hier skool te gaan, word ʼn vroeë band ontwikkel met die toekomstige “groot skool” en betree hierdie kinders hulle Graad een-jaar met baie meer selfvertroue en sonder vrees aan.
Horison Preprimêr is die mees unieke skool met ʼn magdom van noodsaaklike ontwikkelingsaktiwiteite.
Skoolure
Die dagprogram begin 8:00 en word om 13:00 afgesluit. Die kleuterskool verdaag amptelik om 13:00. `n Wagklas in die Mediasentrum vanaf 5:45- 07:00 in die oggend, indien u, u kleuter vroeër by die skool moet aflaai. Naskool
Skooldrag
Horison Preprimêr beskik oor hulle eie skooldrag wat bestaan uit ʼn speelpakkie vir die somer en ʼn skoolsweetpak vir die winter.Die Preprimêre Skool het ook hul eie skooldrag - dit is te koop by:
Antoinettes Uitrusters: (H/v Horn- en Genl Pienaarstraat, Witpoortjie; Telno. 011/955-2285) Viva Sport: (H/v Olivierstraat 10 en The Highway, Florida; Telno. 011/672-7562) Aanlyn aankope: (lezel@digitalstorm.co.za; Telno. 011/477-8281) Friendly House: (Van Wykstraat 13, Roodepoort; Telno. 011/763-2566)
Vrydae: 'n Denim broek met oranje arendhempie.
Horison Pre-Primer se skoolklere beskik oor die nuwe swart Gholfhempie en 'n swart kortbroek vir die Somer. In die winter is dit die nuwe Swart skool sweetpak.
Afluitingsfunksie en gradeplegtigheid
Jaarliks word ʼn afsluitingsfunksie aangebied. Dit behels ʼn konsert vir die Graad R, Graad RR en die Speelgroep kleuters. Vir die Graad R-kleuters word daar ook ʼn “gradeplegtigheid” aangebied. Skoolgelde
Klasgelde word jaarliks vasgestel en is streng vooruit betaalbaar voor die 7de van elke maand. Skoolgelde moet ongelukkig ook betaal word wanneer ouers met verlof gaan asook gedurende skoolvakansies aangesien die personeel steeds betaal moet word.
Skoolgelde vir Desember is betaalbaar teen die einde van November. Registrasiefooi is ook betaalbaar met die inskrywing.
ABSA Horison Tak, Laerskool Horison, Rek: 0330 714 603, Tak: 63200/5, Verwysing: Sonskynland, Faks: 011 763 6355
Skriftelike kennisgewing van skoolverlaters
Een maand kennisgewing word verlang indien u kleuter die skool gaan verlaat.Indien u na registrasie van besluit verander en nie meer van die fasiliteite van Horison Preprimêr vir die volgende jaar wil gebruik maak nie moet u asseblief voor die 31 Oktober die skool skriftelik daarvan in kennis stel.
Ondersteunende dienste
Ons maak gebruik van ʼn multidissiplinêre span wat werksaam is by Laerskool Horison.Dit sluit die dienste in van ʼn opvoedkundige sielkundige, arbeidsterapeut, spraakterapeut, taalterapeut, sowel as oudioloog.
Naskoolsentrum
Die naskoolsentrum is ook beskikbaar vir die kleuters. (Lees meer)
Lees en leer die skoollied





