Aktiwiteite
Ontwikkelingsaktiwiteite
Kleuters neem gratis deel aan die volgende ontwikkelingsaktiwiteite wat binne skoolverband aangebied word en ingesluit is by die skoolfooie:
- Liggaamlike opvoeding word deur ʼn kinderkinetikus vir die Graad R-leerlinge aangebied.
- Tabletklasse word vir die Graad R-leerlinge aangebied.
- Sport vir die Graad R kleuters (O/6):
- Somersport
- Mini Netbal vir dogters O/6
- Op Dinsdae en Donderdae tussen 11h00 en 12h00
- In seisoentyd
- TAU Rugby vir seuns O/6
- Op Dinsdae en Donderdae tussen 17h00 en 18h00
- In seisoentyd
- Wintersport
- Mini Hokkie vir dogters O/6
- Op Dinsdae en Donderdae tussen 11h00 en 12h00
- In seisoentyd
- Mini Krieket vir seuns O/6
- Op Dinsdae en Donderdae tussen 11h00 en 12h00
- In seisoentyd
Buitemuurs
Die volgende aktiwiteite is nie verpligtend nie, dit word deur buite instansies aangebied en ‘n addisionele fooi word vereis indien u kleuter aan hierdie aktiwiteit deelneem:
- Ballet
- Gimnastiek
- Pottebakkery
- Drama
- Playball
- Rugga Kids
- Abakus Wiskunde
- Kuns
- Top Tennis
- Eksperi Maatjies
- Judo
- Mini-skaak
- Brain Gain
Kleuteratletiek
Horison Preprimêr bied elke jaar ʼn atletiekdag vir die kleuters aan.
Kleuters neem aan die volgende items deel:
- Hoogspring
- Verspring
- Gewigstoot
- Spiesgooi
- Naellope (40m en 60m)
Kunswedstryd
Die Graad R-kleuters neem deel aan die Roodepoortse Kunswedstryd. Al om die ander jaar neem die Graad R-kleuters ook deel aan die kreatiewe kunswedstryd asook vokale en voordrag items. Oupa en Ouma dag
Daar word ook jaarliks ʼn Oupa en Ouma dag gehou waar die grootouers heerlik bederf word en gesellig saam verkeer. Entrepreneurdag
Die entrepreneursontwikkeling van Horison Preprimêr word op ʼn besondere kreatiewe wyse aangebied.
Daar is ten minste een formele entrepreneursdag vir die Graad R-leerders.
Entrepreneurskap maak ook deel uit van die leerprogram van die Graad R-leerders.
Die leerders kry leiding in verskeie fasette van entrepreneurskap, wat hulle dan in staat stel om hul produk op ʼn aantreklike wyse aan te bied en teen ʼn wins te verkoop.
Hierdie projek is suiwer ʼn opleidingsprojek en alle wins gaan aan die jong entrepreneurs.